Fokus op Jan Fredrik (Johann Friedrich) Baartman se nageslag in Suid-Afrika,met spesiale fokus op die b9-famlielyn, asook die Du Plessis-familielyn aan moederskant (Dorslandtrek-afstammelinge)
Die derde proefdruk van “Die erfenis van Johann Friedrich Baartman”, wat oor die stamvader en sy vrou Huybrechtje Koegelenberg se nege kinders handel, het pas die lig gesien. Hierdie genealogiese studie oor die nege Baartman/Bartmann-familielyne beslaan reeds meer as 300 bladsye. Verdere verbeterings en redigering met moontlike nuwe inligting moet nou aandag geniet. Die b9- en in mindere mate b7- en b3-familielyne is reeds goed uitgebeeld, maar daar is steeds baie inligting oor veral die jonger geslagte wat bygevoeg kan word. Baartman- en Bartmann-afstammelinge kan gerus enige verdere kommentaar, genealogiese inligting met stawende dokumente en foto’s aanstuur na genealogie@bartmann.co.za vir oorweging vir inlsuiting in die manuskrip.
Nuwe inligting word steeds benodig en deurlopend aangevul. Nogmaals baie dankie vr die afstammelinge wat reeds waardevolle bydraes, kommentaar en selfs regstellings gemaak het.